Achievement Awards
DEADLINE FOR NOMINATIONS
31 March 2018
Protein Research Foundation logo
HOME PAGE ABOUT US CONTACT US MISSION & VISION DISCLAIMER COMING EVENTS LINKS NEWS
 
CROPS
RESEARCH PROJECTS
RESEARCH DATABASE
BURSARIES & AWARDS
BIOFUELS AND BY-PRODUCTS
STATISTICS & ESTIMATES
INCOME & COST BUDGETS
NEWSLETTERS
CANOLAFOKUS
2016
2015
2014
2013
OILSEEDS FOCUS MAGAZINE
SOJA BULLETIN
SUBSCRIBE
ARCHIVES
REPORTS
WORKING GROUP MINUTES
GALLERY
VIDEO GALLERY
CANOLA SYMPOSIUM 2016
WSRC IV 2013
ARCHIVES
COMPETITIONS
SEARCH SITE
Cover of Oilseeds Focus Vol 2 No 4 September 2016

 
> NEWSLETTERS > CANOLAFOKUS > 2016 > Oktober 2016 (no. 72)
PLEASE CLICK ON THE LINKS BELOW TO VIEW EACH FILE
 
.. OKTOBER 2016 (NO. 72) .. .. JUNIE 2016 (NO. 71) .. .. APRIL 2016 (NO. 70) .. .. MAART 2016 (NO. 69) .. .. MAART 2016 (NO. 68) ..

OKTOBER 2016 • NOMMER 72


Canolafokus header image

 

Insetkoste besparings: wenke vir canolaprodusente


Chris Cumming – PNS Konsultant

'n Oudkollege, goeie vriend en top landbouchemiese agent het my nou die dag aan die dink gesit. Hy het die stelling gemaak dat meeste van die canolaprodusente wat hy bedien, vyf jaar laas teen insekplae gespuit het.

Dit het gemaak dat ek Caledon toe gery het om oor 'n koppie koffie met Robert Bosch, Viking agent , te gesels oor hoe hy dit regkry. Ek het kennis gemaak met Robert se waarnemingsvermoë 'n klomp jare terug met die eerste ernstige slakprobleme. Ons het laataand tot donker op ons knieë in Heinrich Schonfeldt se lande rondgekruip op soek na die oorsaak van die kaal kolle wat oornag tevoorskyn gekom het.

Robert het in sy dae by Hoechst kennis gemaak met die konsep van geintegreerde plaagbeheer en die benutting van predatore en parasiete om insekpopulasies in toom te hou. Hy het dit begin toepas by voortreflike produsente wat bereid was om, ten spuite van bure wat gespuit het vir peste en plae, vas te byt en die natuur eers 'n kans te gee. Geleidelik het hy dit reggekry om, met die uitsondering van slakbeheer, enige bespuiting van insekmiddels na 'n geskatte 5% van die oppervlakte wat hy bedien oor die afgelope 5 jaar af te kry.

Hoe het hy dit reggekry?
Hy monitor die canola op 'n gereelde basis, bly op hoogte van die infestasievlakke van peste en plae sowel as die teenwoordigheid van vriendelike insekte. Hierdie natuurlike vyande (insekte wat op ander insekte voed) sluit in onder ander kewers (lewensheersbesies), parasiete (wespe en sweefvliëe), goudogies, spinnekoppe en vele meer. Hy weeg dan al die faktore wat 'n invloed op die besluit of 'n bespuiting regverdig is op, wat die volgende insluit:

  1. Stadium van die gewas
  2. Drempelwaarde vir elke plaag
  3. Klimaatstoestande en weervoorspelling
  4. Gewas se opbrengspotensiaal
  5. Koste van 'n bespuiting teenoor ROI (return on investment)

1. Stadium van die gewas

Plantluise kan ernsige skade aan jong canolasaailinge veroorsaak, maar ouer plante kan 'n relatief hoë plantluis druk hanteer. Bolwurm en ruitrugmot larwes wat in die vegetatiewe groeistadium voorkom en net op blare voed sal onwaarskynlik ekonomiese opbrengsverliese veroorsaak, maar na jong peule begin set, kan groot skade berokken word.

2. Drempelwaarde vir elke plaag

Hoeveel produsente sal wag tot daar ten minste 20 ruitrugmot larwes op die laatblomstadium voorkom voor hy 'n bespuiting sal oorweeg? Australiese data bewys dat, indien daar gewag word om te kyk of die getal by die volgende monitering wel toegeneem het, die invloed van natuurlike vyande 'n bespuiting sou gespaar het. In navorsingsproewe is gevind dat in persele waar insekdoders gespuit is, is parasitisme van ruitrugmot larwes en papies tussen 5 en 10 % teenoor die onbespuite persele waar tot 90% parasitisme voorgekom het. 'n Groot getal larwes minder as 3mm in lengte toon egter dat die populasie aan die toeneem is.

Volwasse skilpadkewer en larwe (foto. P Lombard)
Foto 1: Volwasse skilpadkewer en larwe (foto. P Lombard)

3. Klimaatstoestande en weervoorspelling

Dit is 'n bekende feit dat meeste peste se getalle vinnig toeneem onder warm, droë toestande. Die lewenssiklus van die ruitrugmot word binne14 dae voltooi by 28°C maar sal meer as 100 dae neem by 12°C. Insekgetalle neem baie keer af tydens koel, nat en winderige toestande. As reën voorspel word, moet 'n bespuiting uitgestel word en eers weer gemonitor word voor daar gespuit word.

4. Gewas se opbrengspotensiaal

Dit is vanselfsprekend dat die kanse om enige insetkoste te verhaal groter is by 'n hoë opbrengspotensiaal gewas. Daarteenoor is plante onder stremming meer vatbaar vir peste en plae, wat die besluit om te spuit al dan nie verder bemoeilik. Hoe laer die potensiaal, hoe meer rede om die natuur eers kans te gee om die besmetting onder die drempelwaarde te bring.

5. Koste van 'n bespuiting teenoor ROI

Hierdie punt sluit aan by punt vier. Bereken die koste van die produk + toedieningskoste asook die hoeveelheid canola wat jy moet wen voor jy 'n besluit neem om te spuit al dan nie. Navorsing toon dat, met die uitsondering van uitsonderlike gevalle waar insekgetalle ontplof het agv. uiters gunstige toestande, dit selde sou betaal het om te spuit voor die drempelwaardes oorskry is. Waar ruitrugmot getalle ontplof en die canola in 'n gevoelige stadium is, is dit baie keer nodig om twee keer binne 10 dae te spuit aangesien 'n enkel bespuiting nie al die stadia van ontwikkeling sal beheer nie.

Ek sluit af met 'n paar kern gedagtes

Monitor gereeld – ten minste weekliks en meer in die vestigingsstadium van die canola. Moet nie spuit voor die drempelwaardes van elke pes bereik is (Canolaproduksiehandleiding en Canolafokus No. 54)

Moet nie insekdoders by ander spuitmiddels voeg vir die wis of die onwis nie – dit roei predatore en parasiete onnodig uit.

LEER JOU ONBETAALDE WERKERS KEN – hulle kan jou baie geld spaar!


 

spacer
ENQUIRIES
Directorate Plant Sciences
Departement of Agriculture Western Cape
Private Bag X1, Elsenburg 7607
T. 021-808 5321   E.
spacer
EDITORS
PJA Lombard   J Bruwer   Prof A Agenbag
spacer NAVRAE
Direktoraat Plant Wetenskappe
Wes-Kaapse Departement van Landbou
Privaatsak X1, Elsenburg 7607
T. 021-808 5321   E.
spacer
REDAKSIE
PJA Lombard   J Bruwer   Prof A Agenbag
spacer



 
© 2017  Content & Photographs :: PROTEIN RESEARCH FOUNDATION   TIGME.COMPLEASE REPORT ANY ERRORS TO support@tigme.com